Abattoir Bestuurder
Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde vleisverwerkingsonderneming in die noordelike dele van sentraal Mpumalanga, is op soek na ’n ervare en verantwoordelike Abattoir Bestuurder om toesig te hou oor die daaglikse operasionele bestuur van die abattoir.
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die bestuur en verwerking van beeste, varke en skape, met ’n sterk fokus op voedselveiligheid, operasionele doeltreffendheid, wetlike nakoming en hoë kwaliteit standaarde.
Hierdie pos vereis ’n praktiese bestuurder met bewese ondervinding in abattoir- of vleisverwerkingsbedrywighede, asook die vermoë om ’n span effektief te lei en produksieprosesse optimaal te bestuur.
Sleutelverantwoordelikhede
- Algehele operasionele bestuur van die abattoir
- Bestuur en koördinering van slagprosesse vir beeste, varke en skape
- Verseker dat alle voedselveiligheids- en kwaliteitstandaarde streng nagekom word
- Implementering en bestuur van HACCP-, voedselveiligheids- en gesondheidsprotokolle
- Toesig oor higiëne, sanitasie en voedselhanteringsprosedures
- Bestuur van personeel, skofte en produktiwiteit
- Verseker wetlike nakoming met alle relevante regulasies en standaarde
- Samewerking met veeartsenykundige inspeksies en regulatoriese owerhede
- Monitering van produksiedoelwitte, opbrengste en doeltreffendheid
- Bestuur van gesondheid en veiligheid binne die werksomgewing
- Toesig oor infrastruktuur, toerusting en onderhoud
- Akkurate administrasie, verslagdoening en rekordhouding
Minimum Vereistes
- Minimum 5 jaar bewese ondervinding in ’n abattoir- of vleisverwerkingsomgewing
- Praktiese ondervinding met bees-, vark- en skaapverwerking
- Sterk kennis van voedselveiligheid en kwaliteitbeheer
- Geldige voedselveiligheids-, HACCP- of verwante sertifisering
- Goeie kennis van gesondheid-, veiligheid- en higiëneregulasies
- Ondervinding met spanbestuur en produksiebeplanning
- Goeie administrasie- en organisatoriese vermoë
- Vermoë om onder druk te werk en produksieteikens te bereik
Persoonlike Eienskappe
- Sterk leierskap en besluitnemingsvermoë
- Hoë vlak van integriteit en verantwoordelikheid
- Detailgedrewe met ’n sterk fokus op kwaliteit
- Praktiese probleemoplossingsvermoë
- Vermoë om prosesse en standaarde konsekwent toe te pas
Hierdie pos bied ’n uitstekende geleentheid vir ’n ervare Abattoir Bestuurder om deel te word van ’n professionele en groeiende vleisverwerkingsoperasie.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 30 Maart 2026
Markverwante salaris eie aan die bedryf
Aansoeke slegs via diè skakel:👉 [aansoekvorm]