Administratiewe en Operasionelebestuurder (Dringend)
Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde en vooruitstrewende boerdery in die Vryburg-distrik, bied ’n uitstekende geleentheid vir ’n dinamiese, selfgedrewe en uiters betroubare individu om ’n sleutelrol in die bestuurspan te vervul.
Hierdie pos vereis ’n kandidaat wat nie net administrasie bestuur nie, maar werklik eienaarskap neem, bereid is om lang ure in te sit, en ’n hoë vlak van toewyding toon tot die besigheid en sy waardes. Die rol vorm die skakel tussen kantoor en operasionele aktiwiteite en is krities vir die gladde funksionering van die boerdery.
Kernverantwoordelikhede:
- Volledige bestuur van plaasadministrasie en verslagdoening
- Menslikehulpbronadministrasie
- Dienskontrakte, verlofbestuur en personeelrekords
- Loonstaatverwerking (weekliks en maandeliks)
- Aankope en verskafferbestuur
- Verkryging van kwotasies, onderhandeling met verskaffers en koste-optimalisering
- Bestellings, opvolg, voorraadbeheer en faktuurkontrole
- Finansiële administrasie
- Vaslegging en rekonsiliasies
- Nakoming en dokumentasie
- Statutêre vereistes en veiligheidsrekords
- Operasionele ondersteuning
- Beplanning, logistiek en algemene administratiewe koördinering
- Plaaswinkel aankope en verkope
- Noue samewerking met Direkteure en Produksiebestuurders
Vereistes:
- Tersiêre kwalifikasie in Administrasie, Rekeningkunde of Menslike Hulpbronne
- Minimum 5 jaar ondervinding in ’n soortgelyke rol (Landbou- of produksie-omgewing sterk voordelig)
- Uitstekende rekenaarvaardighede (veral Excel en rekeningkundige stelsels)
- Sterk syfervaardigheid en aandag aan detail
- Uitstekende kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels
- Vermoë om onder druk te werk en streng spêrdatums te haal
- Sterk organisatoriese en probleemoplossingsvaardighede
- Vermoë om onafhanklik te werk en verskeie prioriteite te bestuur
Sleutel Eienskappe vir Sukses:
- Selfgeldend en besluitvaardig
- Sterk onderhandelingsvaardighede
- Vermoë om kostes te bestuur en waarde te optimaliseer
- Hoë vlak van eienaarskap en verantwoordelikheid
- Detailgedrewe en sistematies
- Professioneel en betroubaar
- Span-georiënteerd, maar gemaklik om onafhanklik te funksioneer
Hierdie is ’n uitstekende geleentheid omdat:
- Sleutelposisie binne ’n gevestigde en groeiende boerdery
- Betrokkenheid by operasionele beplanning
- Geleentheid om werklik ’n verskil te maak en eienaarskap te neem
- Stabiele werksomgewing met langtermyn potensiaal
Let wel: Die plaas is afgeleë en Skole is vêr, wat dit uitdagend kan maak vir kandidate met skoolgaande kinders.
'n Mededingende salaris, eie aan die bedryf, gratis behuising (2-slaapkamer-eenheid) en die geleentheid om 'n sleutelrol binne ’n gevestigde en groeiende boerdery te speel word aangebied.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 7 April 2026
Aansoeke word slegs deur die skakel hier aanvaar:👉 [aansoekvorm]