Algemene Bestuurder: Vrugteplaas

Algemene Bestuurder: Vrugteplaas picture

Ons gewaardeerde kliënt, ’n dinamiese en gevestigde vrugteboerdery in die Robertson-distrik in die Weskaap, is op soek na ’n energieke, ervare en raakvat Algemene Bestuurder om verantwoordelikheid te neem vir die totale, effektiewe en winsgewende bestuur van die boerdery, met spesifieke fokus op steen- en kernvrugteproduksie.

Hierdie sleutelpos vereis ’n kandidaat met sterk bestuursvermoë, tegniese kennis van vrugteproduksie en ’n bewese rekord in die bestuur van komplekse landboubedrywighede. Die suksesvolle kandidaat sal ’n sentrale rol speel in die optimalisering van produksie, die bestuur van personeel en die implementering van strategieë om die boerdery se volhoubare groei te verseker.

Die ideale kandidaat beskik oor ’n toepaslike landboukwalifikasie (aanbeveel) en meer as 10 jaar ervaring in die volledige produksiesiklus van steen- en kernvrugte, met werkende kennis van kwaliteitbestuurstelsels en sterk algemene bestuursvernuf.

Bogenoemde vaardighede, gekoppel met goeie rekenaarvaardigheid, uitstekende leierskap, ’n fyn oog vir detail en ’n sterk eienaarskapmentaliteit, maak hierdie ’n besonderse geleentheid vir ’n ervare bestuurder wat werklik ’n verskil wil maak.

Sleutelverantwoordelikhede

  • Implementering en bestuur van die boerdery se strategiese planne
  • Bestuur van die daaglikse operasionele bedrywighede
  • Bestuur van die totale produksiesiklus van steen- en kernvrugte in samewerking met produksiebestuurders
  • Bestuur van besproeiing-, bemesting- en plaagbeheerprogramme
  • Begroting en finansiëlebestuur in samewerking met die maatskappy se Finansiële Beampte
  • Opstel van jaar- en maandelikse beplanning en produksiestrategie
  • Hantering van ouditprosesse en kwaliteitstelsels (bv. GlobalG.A.P.)
  • Monitering van koste-effektiwiteit en produktiwiteit
  • Personeelbestuur, insluitend werwing, aanstellings, salarisse en dissiplinêre prosesse
  • Voorraad- en batebestuur
  • Bestuur van verhoudings met rolspelers om die beeld en reputasie van die boerdery te bevorder
  • Toesig oor algemene instandhouding, netheid en sekuriteit van die plaas

Vereistes

  • Toepaslike landboukwalifikasie (aanbeveel)
  • Minimum 10 jaar relevante ondervinding in steen- en kernvrugteproduksie
  • Sterk kennis van vrugteproduksiestelsels en kwaliteitstandaarde
  • Ondervinding in bestuur van groot produksie- en personeelspanne
  • Goeie administrasie- en rekenaarvaardighede
  • Vermoë om strategies te dink en operasioneel te bestuur
  • Sterk leierskap en kommunikasievaardighede
  • Vermoë om effektief onder druk te funksioneer

Persoonlike Eienskappe

  • Sterk eienaarskapmentaliteit
  • Gedrewe, energiek en oplossingsgedrewe
  • Uitstekende beplannings- en organisasievermoë
  • Detailgeoriënteerd met ’n fokus op kwaliteit
  • Vermoë om ’n span te motiveer en te ontwikkel

Hierdie pos bied aan ’n ervare bestuurder die geleentheid om ’n sleutelrol te speel in ’n vooruitstrewende vrugteboerdery, waar strategiese denke, praktiese ervaring en sterk leierskap waardeer word. Die suksesvolle kandidaat sal deel wees van ’n gemotiveerde span en ’n professionele werksomgewing waar kwaliteit, produktiwiteit en volhoubare groei sentraal staan.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 30 Maart 2026

Markverwante salaris eie aan die bedryf

Aansoeke slegs via diè skakel:👉 [aansoekvorm]

Share on
Click here to contact us on WhatsApp