Bees- en Skaapkuddebstuurder
Ons kliënt, ’n gevestigde en goed-bestuurde boerdery in die Vrede-distrik, is op soek na ’n ervare en praktiese bees- en skaapkuddebestuurder met ’n sterk passie vir vee en bewese kundigheid in beide bees- en skaapproduksie.
Hierdie pos is ideaal vir ’n toegewyde "stockman" wat werklik eienaarskap neem van kuddegesondheid, produksie en daaglikse bestuur.
Kernverantwoordelikhede:
- Volledige bestuur van bees- en skaapkuddes
- Monitering van kuddegesondheid en kondisie
- Beplanning en implementering van inentings- en doseringsprogramme
- Siekte-identifikasie en basiese behandeling
- Bestuur van teelprogramme, paring en lam-/kalfseisoene
- Wolproduksie bestuur:
- Skeerskedules
- Kwaliteitbeheer en hantering van wol
- Voer- en weidingsbestuur
- Hantering en bestuur van vee tydens werkprosesse
- Rekordhouding van produksie en gesondheid
- Toesig oor werkers en daaglikse take
Vereistes:
- Minimum 5–10 jaar ondervinding in bees- en skaapkuddebestuur
- Sterk praktiese kennis van:
- Skaapboerdery en wolhantering
- Beesproduksie
- Siektes, dosering en inentingsprogramme
- Bewese ervaring as ’n praktiese "stockman"
- Vermoë om onafhanklik te werk en verantwoordelikheid te neem
- Goeie organisatoriese en rekordhoudingsvaardighede
Persoonlike Eienskappe:
- Passie vir vee en boerdery
- Hoë vlak van aandag aan detail en waarnemingsvermoë
- Betroubaar en hardwerkend
- Selfstandig met sterk inisiatief
- Probleemoplossend en besluitvaardig
- Span-georiënteerd
Waarom hierdie geleentheid:
- Werk met gevestigde en goed-bestuurde kuddes
- Praktiese, hands-on rol vir ’n ervare stockman
- Geleentheid om werklik impak te maak op kuddeprestasie en produksie
- Stabiele werksomgewing met langtermyn potensiaal
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 7 April 2026
Aansoeke word slegs deur die skakel hier aanvaar:👉 [aansoekvorm]