Dieselwerktuigkundige en Algemene Onderhoudsbestuurder

Dieselwerktuigkundige en Algemene Onderhoudsbestuurder picture

Ons kliënt, ’n gevestigde en dinamiese boerdery in die Thabazimbi-distrik (Limpopo), is op soek na ’n betroubare en praktiese Dieselwerktuigkundige / Plaasmeganikus om verantwoordelikheid te neem vir die instandhouding en diensbaarheid van die boerdery se voertuie, implemente en toerusting.

Hierdie pos bied ’n uitstekende geleentheid vir ’n ervare meganikus wat graag in ’n landbou-omgewing werk en trots neem in goeie vakmanskap en probleemoplossing.

Die ideale kandidaat het sterk meganiese ondervinding met trekkers, bakkies en plaastoerusting. ’n Formele Dieselwerktuigkundige kwalifikasie sal ’n voordeel wees, maar praktiese ervaring en goeie tegniese vaardighede is net so belangrik.

Indien jy ’n betroubare persoon is wat selfstandig kan werk, oplossings kan vind en verantwoordelikheid neem vir toerusting, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Diens, instandhouding en herstel van trekkers, bakkies en plaastoerusting
  • Algemene meganiese herstelwerk en foutopsporing
  • Beheer en instandhouding van werkswinkelgereedskap en toerusting
  • Verseker dat alle voertuie en implemente diensbaar en operasioneel bly
  • Bystand tydens plant- en oestyd wanneer nodig
  • Netjiese en deeglike uitvoering van daaglikse werksopdragte
  • Ander redelike pligte soos van tyd tot tyd deur bestuur versoek

Indien jy oor sterk meganiese vaardighede beskik en ’n rol soek waar jy ’n werklike verskil op ’n boerdery kan maak, sien ons uit na jou aansoek.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 18 Maart 2026

Mededingende salaris eie aan die bedryf, behuising, en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel hier aanvaar:👉 [aansoekvorm]

Share on
Click here to contact us on WhatsApp