Besproeiingsbestuurder: Tonnelproduksie

Besproeiingsbestuurder: Tonnelproduksie picture

Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde en diverse boerdery in Limpopo, is op soek na ’n toegewyde en praktiese Besproeiingsbestuurder wat verantwoordelikheid sal neem vir die bestuur en optimalisering van besproeiingstelsels binne die boerdery se blom- en tonnelproduksie-afdeling.

Hierdie rol fokus primêr op waterbestuur, besproeiingstegnologie en plantvoeding, met die doel om konsekwente kwaliteit, optimale opbrengs en volhoubare produksie te verseker.

Hoewel die kandidaat ook betrokke sal wees by sekere produksie- en plantbestuursaspekte, sal die fokus hoofsaaklik op besproeiingstelsels en die effektiewe bestuur daarvan wees.

Die geskikte kandidaat beskik oor ’n relevante tersiêre kwalifikasie in Landbou, Tuinbou of Besproeiing of relevante praktiese opleiding, met ’n sterk belangstelling in waterbestuur en plantproduksie.

Verder beskik die kandidaat oor:

  • Praktiese kennis van besproeiingstelsels en waterbestuur
  • Goeie begrip van plantvoeding en fertigasie
  • Vermoë om stelsels te monitor, aan te pas en te optimaliseer
  • Sterk analitiese en probleemoplossingsvermoë
  • Goeie administrasie- en rekordhoudingsvaardighede
  • Vermoë om spanne te bestuur en te ontwikkel
  • ’n Detailgedrewe werksetiek met fokus op kwaliteit en konsekwentheid

Ondervinding in die volgende sal tot jou voordeel wees:

  • Blomkweek
  • Groenteproduksie in tonnels of kweekhuise
  • Plaag- en siektebeheer
  • Gehaltebeheer en markstandaarde

Kandidate sonder uitgebreide ondervinding in blomproduksie kan steeds oorweeg word, aangesien die boerdery opleiding, mentorskap en praktiese begeleiding sal bied waar nodig.

Die suksesvolle kandidaat sal hoofsaaklik verantwoordelik wees vir die bestuur en optimalisering van besproeiingstelsels, insluitend:

  • Beplanning en bestuur van besproeiingsprogramme
  • Monitering van waterverbruik en stelselprestasie
  • Bestuur van fertigasie en plantvoedingstelsels
  • Instandhouding en optimalisering van besproeiingsinfrastruktuur
  • Monitering van klimaat- en produksiefaktore in tonnels/kweekhuise
  • Addisionele verantwoordelikhede sluit in:
    • Ondersteuning van plantgesondheid en produksiebestuur
    • Basiese plaag- en siektebeheer
    • Bestuur van oes, sortering en gehaltestandaarde
    • Spanbestuur en arbeidskoördinering
    • Bestuur van voorraad (kunsmis, chemikalieë en insette)
    • Handhawing van GAP-, biosekuriteit- en werkplekveiligheidstandaarde
    • Administrasie en rekordhouding, insluitend produksie- en spuitrekords

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 25 Maart 2026

Markverwante salaris eie aan die bedryf met gratis behuising

Doen asb aansoek deur diè 👉 [aansoekvorm]

Share on
Click here to contact us on WhatsApp