Pakhuisbestuurder (Zambië)

Pakhuisbestuurder (Zambië) picture

Ons kliënt, ’n gevestigde en vooruitstrewende landbou-onderneming in Zambië, is opsoek na ’n ervare en resultaatgedrewe Pakhuisbestuurder om verantwoordelikheid te neem vir die effektiewe bestuur van hul pak- en verwerkingsfasiliteit, met spesifieke fokus op saad en verwante landbouprodukte.

Hierdie is ’n sleutelposisie vir ’n kandidaat wat sterk operasionele beheer, tegniese insig en leierskap kan kombineer om ’n hoë kwaliteit en doeltreffende produksie-omgewing te verseker.

Kernverantwoordelikhede:

  • Bestuur van die volledige pakhuise- en verwerkingsproses (ontvangs, sortering, verwerking, verpakking en versending)
  • Verseker van kwaliteitstandaarde en nakoming van bedryfsprotokolle
  • Bestuur en optimalisering van produksie-effektiwiteit en deurset
  • Toesig oor en instandhouding van masjinerie en toerusting
  • Identifisering en implementering van prosesverbeterings
  • Bestuur van voorraad, logistiek en rekordhouding
  • Effektiewe spanbestuur en personeelontwikkeling
  • Handhawing van gesondheid-, veiligheid- en higiënestandaarde

Minimum Vereistes:

  • Minimum 5 – 10 jaar ondervinding in ’n soortgelyke rol
  • Bewese ervaring in landbousaad of verwante landbouprodukte (sterk voorkeur)
  • Sterk meganiese en tegniese aanleg
  • Ondervinding in die bestuur van pakhuise / verwerkingsaanlegte
  • Goeie kennis van kwaliteitbeheer en prosesse
  • Sterk personeel- en spanbestuursvaardighede
  • Vermoë om onder druk te werk en resultate te lewer
  • Goeie administratiewe en organisatoriese vaardighede

Spesifieke Tegniese Vereistes:

  • Grondige kennis van pakhuisbestuur
  • Ondervinding met sortering en hantering
  • Praktiese kennis van graan droogmaakprosesse
  • Goeie elektriese en meganiese kennis
  • Vermoë om met groot arbeidsmagte te werk en te bestuur

Ideale Kandidaat:

  • Prakties en oplossingsgedrewe
  • Hoë vlak van verantwoordelikheid en eienaarskap
  • Detailgedrewe met ’n fokus op kwaliteit en akkuraatheid
  • Sterk leierskap en vermoë om ’n span te motiveer
  • Resultaatgedrewe met ’n fokus op produktiwiteit en doeltreffendheid

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 1 April 2026

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel hier aanvaar:👉 [aansoekvorm]

Share on
Click here to contact us on WhatsApp