Pekanneut Produksiebestuurder
Ons kliënt, ’n gevestigde gemengde boerdery in die Vanderkloof distrik in die Noordkaap, is opsoek na ’n ervare Pekanneut Produksiebestuurder om verantwoordelikheid te neem vir die bestuur en optimalisering van die pekanneutaanplantings.
Die ideale kandidaat is getroud, beskik oor meer as 5 jaar praktiese ondervinding in pekanneutproduksie en het ’n goeie begrip van moderne besproeiingspraktyke, boomgesondheidsbestuur en opbrengsoptimalisering. Hierdie pos vereis ’n persoon met ’n sterk eienaarskapmentaliteit, goeie bestuursvermoë en die vermoë om ’n produksie-eenheid met trots en dissipline te bestuur.
Minimum Vereistes
- Minimum 5 jaar relevante ondervinding in pekanneutproduksie
- Sterk kennis van besproeiingsbestuur en watergebruik
- Ondervinding met bemestingsprogramme, snoei, plaag- en siektebeheer
- Vermoë om produksie te beplan en opbrengste te optimaliseer
- Goeie rekordhouding en administratiewe vaardighede
- Vermoë om personeel te bestuur en te ontwikkel
- Praktiese en tegniese ingesteldheid
Sleutelverantwoordelikhede
- Volledige bestuur van pekanneutproduksie
- Beplanning en implementering van besproeiingsprogramme
- Monitering van boomgesondheid en produksie
- Implementering van voeding-, snoei- en beskermingsprogramme
- Bestuur van plaaswerkers en operasionele aktiwiteite
- Rekordhouding, verslagdoening en produksiebeplanning
- Verseker dat infrastruktuur en toerusting optimaal funksioneer
- Bydra tot die ontwikkeling en uitbreiding van die boerdery
Persoonlike Eienskappe
- Sterk eienaarskapmentaliteit
- Prakties en oplossingsgedrewe
- Betroubaar en konsekwent
- Goeie leierskap- en mensebestuursvermoë
- Detailgeoriënteerd en trots op hoë standaarde
Hierdie pos bied aan die regte kandidaat ’n uitstekende geleentheid om ’n sleutelrol te speel in ’n gevestigde pekanneutboerdery waar produksie, ontwikkeling en langtermynsukses sentraal staan. Die rol gee aan die Produksiebestuurder die geleentheid om werklik eienaarskap te neem oor ’n belangrike produksie-eenheid, met ruimte om praktiese besluite te neem, stelsels te verbeter en die aanplantings verder te ontwikkel.
Vir ’n kandidaat bied hierdie pos:
- Stabiliteit en langtermyn geleenthede binne ’n dinamiese boerdery
- ’n Rol waar praktiese kennis en ervaring werklik waarde toevoeg
- Die geleentheid om ’n span te lei en produksieresultate te verbeter
- ’n Omgewing waar betroubaarheid, verantwoordelikheid en ’n eienaarskapmentaliteit waardeer word
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 30 Maart 2026
Markverwante salaris eie aan die bedryf
Aansoeke slegs via diè skakel:👉 [aansoekvorm]