Veekundige (Stockman)

Veekundige (Stockman) picture

Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde en dinamiese boerdery in die Hofmeyer-distrik van die Klein Karoo, is op soek na ’n ervare, praktiese en toegewyde "Stockman" met ’n sterk passie vir vee om die boerdery se veelvuldige veevertakkings professioneel, winsgewend en volhoubaar te bestuur.

Hierdie pos vereis ’n praktiese "Stockman" wat daagliks betrokke is by kuddebestuur, dieregesondheid en veldbestuur, en wat met ’n eienaarskapmentaliteit na die Veekuddes omsien.

Die ideale kandidaat beskik oor minstens 10 jaar bewese ondervinding as ’n praktiese "Stockman" met ’n bewese rekord in Veekuddebestuur.

Voorkeur sal gegee word aan ’n kandidaat wat ervaring het in:

  • Kommersiële beesboerdery
  • Stoetskaapproduksie
  • Boerbokke
  • Angorabokke
  • Voerkraalbestuur

Verder beskik die kandidaat oor:

  • ’n Sterk praktiese kennis van dieregedrag en kuddebestuur
  • Die vermoë om dieregesondheid en kondisie akkuraat te monitor
  • Ervaring met reproduksiebestuur en lam-/kalfseisoene
  • Goeie weidings- en veldbestuurspraktyke
  • Die vermoë om arbeid te bestuur en spanwerk te bevorder
  • Goeie organisasie- en kommunikasievaardighede
  • ’n Kode 10 bestuurslisensie (sterk aanbeveel)

Die ideale kandidaat is getroud (aanbeveel) en beskik oor ’n sterk werksetiek, dissipline en verantwoordelikheidsin.

Sleutelverantwoordelikhede

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die praktiese en operasionele bestuur van alle veevertakkings, insluitend:

  • Daaglikse kuddebestuur en monitering van diere
  • Dieregesondheid en voorkomende bestuur
  • Reproduksiebestuur (paring, lam- en kalfseisoene)
  • Voeding, lekprogramme en kondisiemonitering
  • Weidings- en veldbestuur
  • Voerkraalbestuur
  • Beplanning en uitvoering van produksieprogramme
  • Addisionele verantwoordelikhede sluit in:
    • Effektiewe arbeidsbestuur en spanleiding
    • Instandhouding van infrastruktuur en toerusting
    • Plaassekuriteit en netheid
    • Brandvoorkoming en brandbestuur
    • Samewerking met die eienaar in die implementering van produksiestrategieë

Die kandidaat sal ook betrokke wees by die produksiesiklus van lusern onder besproeiing, spesifiek waar dit verband hou met veevoerproduksie en bestuur.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 25 Maart 2026

Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes.

Aansoeke slegs via diè skakel:👉 [aansoekvorm]

Share on
Click here to contact us on WhatsApp