Plaasvoorman: Saaiboerdery

Plaasvoorman: Saaiboerdery picture

Ons gewaardeerde kliënt, ’n vooruitstrewende en dinamiese boerdery in die Thabazimbi-distrik (Limpopo), is op soek na ’n energieke en praktiese Plaasvoorman om die saai-afdeling van die boerdery in noue samewerking met die eienaar te bestuur. Hierdie rol bied ’n uitstekende geleentheid vir ’n gemotiveerde landboukundige wat sy vaardighede wil ontwikkel en ’n sleutelrol wil speel in ’n moderne besproeiingsboerdery.

Die ideale kandidaat het ’n landboukwalifikasie (aanbeveel) en beskik oor 3 - 8 jaar praktiese ondervinding in die produksiesiklus van somer- en groentegewasse onder besproeiing. Sterk tegniese insig in spilpuntbesproeiing, insluitend die diens, instandhouding en herstel daarvan, asook goeie meganiese en elektriese vaardighede, sal ’n groot voordeel wees.

Ons soek ’n kandidaat met ’n sterk eienaarskapmentaliteit, goeie beplanningsvermoë en ’n natuurlike aanleg vir organisasie en probleemoplossing. Die vermoë om onafhanklik te werk, verantwoordelikheid te neem en ’n span te motiveer, sal belangrik wees vir sukses in hierdie pos.

Pligte sluit onder andere in:

  • Ondersteuning van die eienaar met die daaglikse operasionele bestuur van die saai-afdeling
  • Beplanning en uitvoering van plant-, besproeiings- en gewasverwante aktiwiteite
  • Effektiewe bestuur en benutting van arbeid
  • Monitering en instandhouding van spilpuntbesproeiingstelsels
  • Basiese meganiese en elektriese instandhouding van toerusting
  • Handhawing van hoë standaarde van netheid, orde en veiligheid op die plaas
  • Instaan vir die eienaar wanneer nodig
  • Ander redelike pligte soos van tyd tot tyd deur bestuur verlang

Hierdie pos bied ’n uitstekende geleentheid vir ’n dinamiese en ambisieuse landboukundige wat wil groei binne ’n professionele boerdery-omgewing en wat trots neem in produktiwiteit, kwaliteit en volhoubare boerderypraktyke.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 18 Maart 2026

Aansoeke word slegs deur die skakel hier aanvaar:👉 [aansoekvorm]

Share on
Click here to contact us on WhatsApp