Produksiebestuurder: Ontwikkelende Besproeiingsplaas

Produksiebestuurder: Ontwikkelende Besproeiingsplaas picture

Ons kliënt, ’n ontwikkelende besproeiingsplaas in die Venterburg-distrik in die Vrystaat, is opsoek na ’n ervare en praktiese Produksiebestuurder om ’n sleutelrol in die daaglikse bestuur en verdere ontwikkeling van die boerdery te vervul.

Hierdie pos fokus hoofsaaklik op besproeiingsbestuur (ongeveer 90%) en vereis ’n kandidaat met sterk tegniese insig, goeie bestuursvermoë, ’n hoë vlak van verantwoordelikheid en ’n eienaarskapmentaliteit. Die suksesvolle kandidaat moet in staat wees om die besproeiingskomponent van die boerdery doeltreffend te bestuur, terwyl hy ook begrip het vir gewasproduksie en die breër plaasomgewing, insluitend beeste.

Die ideale kandidaat is getroud en het 5 - 15 jaar relevante ondervinding, met ’n bewese vermoë om verantwoordelikheid te neem, probleme op te los, vooruit te beplan en resultate te lewer in ’n ontwikkelende en groeiende landbou-omgewing.

Sleutelverantwoordelikhede:

  • Volledige bestuur van die plaas se besproeiingsfunksie, wat die hoof fokus van die pos is
  • Beplanning en implementering van besproeiingsprogramme volgens gewasbehoeftes en produksiedoelwitte
  • Monitering van watergebruik, stelseldoeltreffendheid en algemene besproeiingsprestasie
  • Toesig oor instandhouding en optimale werking van pompe, pype, spilpunte en ander besproeiingsinfrastruktuur
  • Instalasie en uitbreiding van besproeiingsnetwerk
  • Toesig oor personeel betrokke by besproeiing en produksie
  • Identifisering en aanspreek van probleme rakende water, infrastruktuur en produksie
  • Rekordhouding, verslagdoening en algemene administrasie
  • Ondersteuning van die breër boerdery-aktiwiteite, insluitend insette rakende die beesvertakking
  • Bydra tot die verdere ontwikkeling, groei en optimalisering van die boerdery

Die ideale kandidaat beskik oor die volgende eienskappe:

  • ’n Sterk eienaarskapmentaliteit
  • Prakties, hande-uit-die-sakke en oplossingsgedrewe
  • Betroubaar, konsekwent en selfgedissiplineerd
  • Detailgeoriënteerd met goeie opvolgvermoë
  • Kan onder druk funksioneer en prioriteite bestuur
  • Leierskapvermoë met die vermoë om ’n span te rig en verantwoordbaar te hou
  • Positiewe ingesteldheid en trots op hoë standaarde

Hierdie is ’n uitstekende geleentheid vir ’n kandidaat wat daarvan hou om werklik betrokke te wees by produksie, infrastruktuur en die praktiese bestuur van ’n ontwikkelende besproeiingsplaas. Die rol sal goed pas by iemand wat nie net ’n werk soek nie, maar wat trots neem in resultate, ontwikkeling en langtermyn waarde toevoeging.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 30 Maart 2026

Markverwante salaris eie aan die bedryf

Aansoeke slegs via diè skakel:👉 [aansoekvorm]

Share on
Click here to contact us on WhatsApp