Senior Internasionale Reiskonsultant
Ons kliënt, ’n gevestigde en groeiende internasionale onderneming binne die wild- en safaribedryf, is op soek na ’n ervare en hoogs professionele Senior Internasionale Reiskonsultant om hul span te versterk in ’n voltydse, werk-van-die-huis-rol.
Hierdie pos bied die geleentheid om met ’n internasionale kliëntebasis te werk en premium safari-ervarings te help beplan en koördineer, met ’n sterk fokus op kwaliteit, detail en wêreldklasdiens.
Kernverantwoordelikhede:
- Bestuur en koördinering van internasionale reisbesprekings en kliënte-ervarings
- Hantering van alle kommunikasie met internasionale kliënte
- Gebruik van Amadeus en ander platforms vir vlug- en reisbesprekings
- Administratiewe bestuur en dokumentasie van reisroetes en logistiek
- Fakturering en basiese finansiële administrasie
- Samewerking met lodges, plase, logistieke vennote en ander rolspelers
- Verteenwoordiging van die maatskappy by internasionale reis- en handelskoue
Minimum Vereistes:
- Minimum 10 jaar ervaring as Reiskonsultant
- Minimum 5 jaar praktiese ondervinding met Amadeus Lugbespreking sagteware
- Goeie kennis en blootstelling aan internasionale reis en toerisme
- Uitstekende kennis van Afrika Safari Toerisme en bemarking
- Bo-gemiddelde vaardigheid in Microsoft Office
- Gevorderde kennis van cloud-gebaseerde stelsels en kommunikasie sagteware
- Basiese vaardighede in fakturering en finansiële bestuur
- Vlot in Engels (’n Europese taal sal ’n sterk voordeel wees)
- Moet professioneel en verteenwoordigend wees (internasionale blootstelling vereis)
- Vermoë om effektief en selfstandig afgeleë (remote) te werk
Ideale Kandidaat:
- Detailgedrewe met uitstekende organisasievaardighede
- Sterk kliëntediensfokus met internasionale standaard
- Eienaarskapmentaliteit en vermoë om onafhanklik te funksioneer
- Professioneel, betroubaar en resultaatgedrewe
- Passievol oor die safari- en wildbedryf
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 3 April 2026
Markverwante basiese salaris, aantreklike kommissie-gebaseerde aantreklike aansporings, uitstekende groeipotensiaal binne die Organisasie en unieke blootstelling aan internasionale markte en netwerke.
Aansoeke word slegs deur die skakel hier aanvaar:👉 [aansoekvorm]