Rantsoenbestuurder (Beesvoerkraal)

Rantsoenbestuurder (Beesvoerkraal) picture

Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde en goed bestuurde beesvoerkraal in die Oos-Vrystaat, is opsoek na ’n ervare, gestruktureerde en verantwoordelike Rantsoenbestuurder om volle beheer te neem van die voer- en rantsoenafdeling.

Hierdie rol is krities tot die sukses van die voerkraal en vereis ’n kandidaat wat eienaarskap neem van die volledige voedingsketting – van grondstof tot finale rantsoen.

Hoofverantwoordelikhede:

  • Volledige bestuur van die voerafdeling
  • Beheer en bestuur van die voerstoor en voorraad
  • Ontvangs, berging en hantering van grondstowwe en insette
  • Formulering en implementering van rantsoene
  • Toesig oor en bestuur van mengprosesse
  • Verseker akkurate voer mengsels en voer verbruik
  • Monitering van voer effektiwiteit en prestasie
  • Bestuur van personeel binne die voerafdeling
  • Handhawing van netheid, orde en biosekuriteit
  • Rekordhouding en administrasie van voer en voorraad
  • Samewerking met bestuur en veevoedingkundiges
  • Verantwoordelikheid vir die diensbaarheid en instandhouding van alle voertoerusting, insluitend voerwaens en mengers, en te verseker dat alle toerusting te alle tye operasioneel en in ’n goeie werkende toestand is

Minimum Vereistes:

  • Minimum 5 jaar relevante ondervinding in ’n voerkraal / voerbestuursrol
  • Sterk praktiese kennis van:
    • Voerbestuur en rantsoene
    • Mengtoerusting en voerprosesse
    • Voorraadbeheer
  • Basiese meganiese en tegniese vaardighede
  • Vermoë om akkuraat en sistematies te werk
  • Rekenaarvaardigheid sal tot voordeel wees

Persoonlike Eienskappe:

  • Hoë vlak van verantwoordelikheid en eienaarskap
  • Detailgedrewe en akkuraat
  • Betroubaar en konsekwent
  • Vermoë om onder druk te funksioneer
  • Sterk organisatoriese en beplanningsvermoë
  • Prakties en oplossingsgedrewe
  • Goeie leierskap- en kommunikasievaardighede

Hierdie is ’n uitstekende geleentheid vir ’n kandidaat wat homself wil vestig as ’n spesialis in voer- en voedingsbestuur binne ’n professionele voerkraal omgewing. Die rol bied die geleentheid om ’n direkte impak te hê op produksie, prestasie en winsgewendheid.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 31 Maart 2026

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke slegs via diè skakel:👉 [aansoekvorm]

Share on
Click here to contact us on WhatsApp